Job 37:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As ons die Almagtige aanraak, kan ons Hom nie uitvind nie: Hy is voortreflik in krag en in oordeel en in oorvloed van geregtigheid; Hy sal nie verdruk nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ons kan ons nie voorstel hoe magtig God is nie. Tog is Hy so regverdig en vol genade dat Hy ons nie verdruk nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die Almagtige -- ons vind Hom nie; Hy is groot van krag, maar die reg en die volheid van geregtigheid krenk Hy nie. |
| Afrikaans 1983 | Ons kan by die Almagtige nie kom nie, sy krag is groot. Hy laat reg en geregtigheid geskied, Hy verdruk niemand nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Almagtige – ons kan Hom nie bereik nie, Hy wat verhewe is in krag. Die reg en volle geregtigheid sal Hy nooit geweld aandoen nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons kan nie naby die Almagtige kom nie, sy krag is baie groot. Hy doen reg, Hy is altyd regverdig, Hy verdruk niemand nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | God se mag is te groot vir ons om te verstaan. Sy mag is baie groot, maar tog bly Hy regverdig. Hy is baie eerlik en Hy is teenoor niemand onregverdig nie. |