Job 37:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En nou sien die mense nie die helder lig wat in die wolke is nie, maar die wind gaan verby en reinig hulle.
Afrikaans (NLV) 2011 Ons kan nie in die son kyk op ’n wolklose dag nie. Dit skyn helder in die lug wanneer al die wolke weggewaai het.
Afrikaans 1933/1953 En nou, 'n mens kan die lig nie aansien wat helder is in die hemel as die wind verbygegaan en dit skoongemaak het nie.
Afrikaans 1983 “Niemand kon die lig sien nie, die wolke het dit donker gemaak. Maar die wind het gekom en hulle weggewaai.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Maar nou – mens sien nie weerlig, dit wat helder in die wolkemassa was nie. Die wind het verbygekom en dit opgeruim.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mense kan nie na die son kyk wanneer die wind gewaai het en die wolke weg is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die wind het die wolke voor die son weggewaai. Nou skyn die son helder, maar dit is te skerp vir ’n mens om in te kyk.