Job 37:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Het jy saam met hom die hemel uitgesprei wat sterk is en soos 'n gegote uitkykglas?
Afrikaans (NLV) 2011 weerkaats Hy die hitte uit die hemelruim soos ’n reuse spieël. Kan jy dit doen?
Afrikaans 1933/1953 kan u saam met Hom die hemel uitbrei wat vas is soos 'n gegote spieël?
Afrikaans 1983 kan jy saam met Hom die hemelruim oopspan, stewig soos 'n spieël wat gegiet is?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) kan jy saam met Hom 'n wolkemassa plet, so solied soos 'n spieël van gegote koper?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy kan nie die hemeldak maak nie, die hemeldak wat so hard is soos 'n spieël van metaal.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kan jy soos God die hemel oopspan? Hy laat die hemelruim die hitte soos ’n groot spieël weerkaats.