Job 37:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ken jy die balansering van die wolke, die wonderwerke van Hom wat volmaak is in kennis? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Verstaan jy hoe die wolke in die lug bly hang? Dis die wonderlike werk van Hom wat alles weet. |
| Afrikaans 1933/1953 | Begryp u iets van die gesweef van die wolke, van die wonders van die Volmaakte in kennis? |
| Afrikaans 1983 | Weet jy hoe die wolke sweef? Dit is die wonderlike werk van Hom wie se kennis volmaak is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Begryp jy iets van die wegdryf van wolke – wonderwerke van Een met volmaakte kennis? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Weet jy hoe die wolke bymekaarkom? Dit is God wat hierdie wonderlike dinge laat gebeur, God wat alles weet. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Kan jy verstaan hoe Hy dit regkry om die wolke so in die lug te laat hang? Dit is die werk van ’n genie! |