Job 37:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit word omgedraai deur sy raad, sodat hulle kan doen alles wat Hy hulle beveel op die aangesig van die wêreld op die aarde. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die wolke draai en draai soos Hy hulle beveel. Hulle doen wat Hy beveel oor die hele bewoonde aarde. |
| Afrikaans 1933/1953 | en dit skiet oral rond volgens sy bestel, sodat hulle alles doen wat Hy hulle beveel oor die wye wêreldrond: |
| Afrikaans 1983 | Hy laat die wolke in die rondte maal, hulle doen wat Hy bepaal, hulle gehoorsaam sy bevele die wêreld oor. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die wolke beweeg oral rond, gaan heen en weer volgens sy beskikking, om op die oppervlakte van die aarde alles te doen wat Hy beveel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die wolke draai om en om wanneer God so besluit, hulle doen wat Hy sê, oral op die aarde. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy laat die wolke rondmaal soos Hy wil. Oor die hele wêreld doen die wolke presies wat Hy hulle sê om te doen. |