Job 36:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy bewaar nie die lewe van die goddelose nie, maar gee reg aan die armes.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy laat die kwaaddoener nie lewe nie, maar sorg vir regverdigheid vir die verdrukte.
Afrikaans 1933/1953 Hy laat die goddelose nie lewe nie, maar aan die ellendiges verskaf Hy reg.
Afrikaans 1983 Hy laat die goddeloses nie in die lewe bly nie, Hy laat reg geskied aan die verdruktes,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy hou goddeloses nie aan die lewe nie, maar die reg van magteloses handhaaf Hy.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy laat nie die mense aanhou lewe wat verkeerd doen nie. Hy doen reg aan die mense wat hulleself nie kan help nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy laat die slegte mense doodgaan, maar Hy sorg dat mense wat swaarkry, reg behandel word.