Job 36:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Omdat daar toorn is, pas op dat hy jou nie met sy slag wegneem nie; dan kan 'n groot losprys jou nie red nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Oppas dat voorspoed jou nie verlei nie. Moenie dat ’n groot omkoopgeskenk jou laat sondig nie.
Afrikaans 1933/1953 Want pas op dat woede u nie verlok by die bestraffing en die grootheid van die losprys u nie verlei nie.
Afrikaans 1983 Moenie dat jou grief jou tot uittarting verlei nie, moenie jou saak wil regstel met 'n groot omkoopgeskenk nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, pasop dat jy nie deur oorvloed mislei word nie; die grootte van 'n omkoopgeskenk moet jou nie verlei nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy is kwaad, maar jy moenie daarom kies om verkeerd te doen nie. Jy moenie verkeerde dinge doen wanneer jy omkoopgeld kry nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Pas op dat rykdom jou nie die spoor byster laat raak nie. Moet ook nie dat ’n groot omkoopgeskenk jou op die verkeerde pad laat beland nie.