Job 36:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sou Hy jou ook uit die engte verwyder het na 'n breedte plek waar daar geen benoudheid is nie; en wat op jou tafel gedek moet word, moet vol vet wees.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ja, ook vir jou wou God uit die gevaar lei. Hy wou jou vrymaak. Hy wou jou oorgenoeg gee om van te lewe.
Afrikaans 1933/1953 So lok Hy u dan ook uit die mond van die nood na 'n onbeperkte ruimte en na die behaaglikheid van u tafel wat vol is van vetspys.
Afrikaans 1983 God het jou na Hom toe getrek, weg van gevaar af, Hy het jou veilig laat lewe, dit was rustig aan jou tafels vol oorvloed.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Meer nog, Hy het jou weggelok uit die kake van benoudheid; 'n onbeperkte ruimte is in die plek daarvan – die rustigheid van jou tafel vol ryk kos.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Job, God sal jou help, jy sal nie meer swaarkry nie, dit sal weer baie goed gaan met jou, daar sal weer lekker kos op jou tafel wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Elihu het verder vir Job gesê: “God het jou uit allerhande moeilikhede gehou. Hy het jou laat voel wat dit is om ’n vry mens te wees. Jou lewe was gemaklik en in jou huis was daar oorvloed.