Job 36:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die geveinsdes van hart versamel woede; hulle roep nie as Hy hulle bind nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Goddelose mense vertroetel hulle woede. Selfs wanneer Hy hulle straf, weier hulle om te roep om hulp. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die goddelose van hart koester nyd; hulle roep nie om hulp as Hy hulle bind nie. |
| Afrikaans 1983 | Die godloses hoop die toorn van God nog meer teen hulle op, hulle roep selfs nie om hulp as God hulle in boeie laat vasvang nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle wat oortuigde godloses is, hoop toorn op; hulle roep nie aanhoudend om hulp nie, selfs al boei Hy hulle. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God word nog meer kwaad vir mense wat nie vir Hom wil dien nie, vir mense wat nie tot Hom bid wanneer hulle gevangenes word nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Mense wat hulle nie aan God steur nie, troetel graag slegte gevoelens. Selfs al straf God hulle, vra hulle Hom nie om hulle te help nie. |