Job 36:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy maak ook hulle oor oop vir die tug en beveel dat hulle van ongeregtigheid af terugkeer.
Afrikaans (NLV) 2011 So kry Hy hulle aandag en sê vir hulle dat hulle moet wegdraai van die kwaad.
Afrikaans 1933/1953 dan open Hy hulle oor vir die tugtiging en sê dat hulle moet terugkeer van ongeregtigheid.
Afrikaans 1983 Hy laat hulle ag gee op sy bestraffing, Hy vermaan hulle om hulle van die sonde te bekeer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy maak hulle ore oop vir teregwysing, en gee opdrag dat hulle moet wegdraai van onreg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy maak hulle gehoorsaam aan alles wat Hy vir hulle wil leer, Hy sê vir hulle dat hulle moet ophou om verkeerde dinge te doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy kry hulle aandag en laat hulle baie mooi verstaan dat hulle moet ophou om verkeerde dinge te doen.