Job 35:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As jy sondig, wat het jy teen hom? of as jou oortredinge vermenigvuldig word, wat doen jy hom aan? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As jy sondig, hoe raak dit Hom? Selfs as jy aanhou om weer en weer sonde te doen, wat doen dit aan Hom? |
| Afrikaans 1933/1953 | As u sondig, watter skade is dit vir Hom? En is u oortredinge baie, wat kan u Hom daarmee aandoen? |
| Afrikaans 1983 | as jy sondig, wat doen dit aan God, as jy baie keer oortree, hoe raak dit Hom, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As jy sondig, wat doen dit aan Hom? As jou oortredinge baie is, wat veroorsaak jy vir Hom? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As jy sonde gedoen het, wat kan dit aan God doen? As jy aangehou het om verkeerd te doen, wat doen dit aan Hom? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As jy verkeerd doen, dink jy dit doen iets aan God? Nee, jy kry niks daardeur reg nie. Al hou jy ook aan om verkeerd te doen en weer verkeerd te doen, dit doen net mooi niks aan Hom nie. |