Job 35:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want jy het gesê: Watter voordeel sal dit vir jou wees? en: Watter voordeel sal ek hê as ek van my sonde gereinig word?
Afrikaans (NLV) 2011 Tog het jy ook gevra: ‘Wat help dit om reg te lewe? Wat kan dit my baat om nie te sondig nie?’
Afrikaans 1933/1953 dat u vra wat dit u baat? Wat help dit my meer as wanneer ek sou sondig?
Afrikaans 1983 en dan aanhou om te sê: ‘Wat baat dit my, wat kan ek wen as ek nie sondig nie?’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, jy sê, ‘Watter nut het dit vir U? Wat baat dit my as ek nie sondig nie?’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nee, jy vra vir God: ‘Wat sal U vir my doen? Help dit vir my dat ek nie sonde gedoen het nie?’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Terselfdertyd vra jy: ‘Wat help dit my om reg te leef? Hoe is ek nou beter daaraan toe as wat ek sou gewees het as ek verkeerde dinge gedoen het?’