Job 34:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Moet dit volgens jou verstand wees? hy sal dit vergeld, of jy weier, en of jy kies; en nie ek nie: spreek daarom wat jy weet.
Afrikaans (NLV) 2011 Moet God optree volgens jou eise omdat jy weier om jou te bekeer? Jý moet kies, nie ek nie. Deel jou wysheid met ons!
Afrikaans 1933/1953 moet Hy volgens u mening tog vergelding doen? U is mos ontevrede, sodat u moet sê wat beter is, en nie ek nie! Wat u dan weet -- spreek dit uit!
Afrikaans 1983 sal God jou dan nog straf omdat jy Hom geminag het? “Jý moet kies, nie ék nie, jy weet hoe sake staan. Praat!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) dink jy dan dat God hom moet vergeld, omdat jy hom verwerp het? Jy is immers die een wat moet kies, nie ek nie. Wat jy weet, sê dit!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy wil nie aanvaar dat God reg doen nie, moet Hy nou vir jou daaroor straf? Dit moet jý besluit, nie ek nie. Jy moet sê wat jy weet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Jy weier nou om te erken dat jy skuldig is, Job. Sê my, moet God nou sy straf verander omdat jy nie met Hom saamstem nie? Job, jy moet maar self hieroor besluit, nie ek nie. Sê gerus vir ons wat jy weet!