Job 34:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As Hy stilte gee, wie kan dan moeilikheid maak? en as hy sy aangesig verberg, wie kan hom dan aanskou? of dit teen 'n nasie of teen 'n man alleen gedoen word:
Afrikaans (NLV) 2011 Wanneer Hy stilbly, wie kan Hom kritiseer? As Hy Hom verberg, wie kan Hom sien? Hy besluit oor volke en mense.
Afrikaans 1933/1953 En gee Hy rus, wie durf Hom dan veroordeel? En verberg Hy die aangesig, wie kan Hom dan aanskou? -- of dit al 'n nasie betref of 'n mens, almal saam;
Afrikaans 1983 “As Hy stilbly, wie kan Hom veroordeel? As Hy Hom verberg, wie kan Hom sien? Hy alleen heers oor volke en mense.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As Hy stil is, wie kan veroordeel? As Hy sy gesig verberg, wie kan Hom sien? Maar oor 'n nasie sowel as oor die mensdom het Hy beheer,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) [29-30] As Hy stilbly en nie help nie, dan kan niemand sê dat Hy verkeerd doen nie. As Hy wegkyk, dan kan niemand vra dat Hy moet help nie. Hy laat mense regeer wat Hom nie dien nie, hulle vang volke en mense in hulle vangnette.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As die Here stilbly, wie kan Hom daaroor kritiseer? As Hy niks met mense te doen wil hê nie, is almal in die moeilikheid.