Job 34:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In 'n oomblik sal hulle sterwe, en die volk sal middernag verskrik word en verbygaan, en die helde sal sonder hand weggeneem word.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle sterf in ’n oomblik teen middernag. Die sterkstes word verwyder sonder dat iemand iets daaraan kan doen.
Afrikaans 1933/1953 In 'n oomblik sterf hulle, en in die middel van die nag word 'n volk in beroering gebring en hulle gaan onder, en die magtige word weggedryf -- nie deur 'n hand nie.
Afrikaans 1983 In 'n oogwink sterf hulle, in die middel van die nag oorval die doodsvrees hulle, hulle sterf, selfs die sterkes verdwyn sonder toedoen van mense.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Binne 'n oomblik sterf hulle in die middel van die nag. Mense word geskud en gaan heen. Magtiges word sonder menslike ingryping verwyder.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Elke mens sterf wanneer God so besluit. Mense skrik groot in die middel van die nag, hulle sterf, hulle is miskien belangrike mense, maar hulle sterf maklik.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Enigeen kan skielik in die nag doodgaan. As God net aan hulle raak, gaan hulle dood. Mense wat mag het, verdwyn van die toneel sonder dat enigiemand iets daarmee te doen het.