Job 34:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hoeveel minder vir hom wat die persone van vorste nie aanneem nie en die rykes nie meer ag as die armes nie? want hulle is almal die werk van sy hande. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit maak nie vir Hom saak hoe belangrik jy is nie. Hy kies ook nie tussen ryk en arm nie. Hy het hulle almal gemaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hoeveel minder aan Hom wat die vorste nie voortrek nie en op die vername nie meer ag gee as op die arme nie; want hulle almal is die werk van sy hande. |
| Afrikaans 1983 | Hy is nie partydig vir leiers nie, Hy bevoordeel die ryke nie bo die arme nie, want Hy het hulle almal gemaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy wat nie partydig is vir bevelvoerders nie, wat nie aan vooraanstaande mense voorkeur gee bo armes nie, omdat hulle almal die werk van sy hande is? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy sê nie altyd dat net die leiers reg is nie, Hy doen nie méér vir ryk mense as vir arm mense nie, want Hy het hulle almal gemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy trek nie belangrike mense voor nie. Hy gee ook nie meer aandag aan die rykes as aan die armes nie. Hy het hulle almal gemaak. |