Job 34:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sal ook hy wat reg haat, regeer? en sal U die mees regverdige veroordeel? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sou God kon regeer as Hy regverdigheid haat? Kan jy waag om die almagtige Regter te veroordeel? |
| Afrikaans 1933/1953 | Kan ook een wat die reg haat, heers? Of durf u die Regverdige, die Geweldige, veroordeel? |
| Afrikaans 1983 | Iemand wat die reg haat, durf tog nie regeer nie. Kan jy vir God wat regverdig en magtig is, skuldig vind? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kan iemand wat die reg haat, hoegenaamd regeer? Of kan jy die Regverdige, die Magtige, skuldig verklaar, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dink jy regtig dat God kan regeer as Hy nie daarvan hou om reg te doen nie? Dink jy dat God verkeerd gedoen het, God wat sterk en regverdig is? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sou God kon regeer as Hy regverdigheid haat? Wil jy probeer bewys dat God wat regverdig en magtig is, skuldig is? |