Job 34:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ja, God sal sekerlik nie goddeloos handel nie, en die Almagtige sal die oordeel nie verdraai nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dis ondenkbaar dat God die verkeerde sou doen. Die Almagtige kan nie die reg verdraai nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ja waarlik, God handel nie onregverdig nie, en die Almagtige verdraai nie die reg nie. |
| Afrikaans 1983 | Dit is vir God werklik onmoontlik om verkeerd te doen, vir die Almagtige om die reg te verdraai. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Boonop staan dit vas: God maak Hom aan niks skuldig nie; die Almagtige verdraai nie die reg nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En ook, God doen nie verkeerd nie, Hy oordeel altyd reg, dit is seker. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wat waar is, is dit: God doen nie verkeerd nie. Hy is ook nie onregverdig nie. |