Job 34:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Luister daarom na my, manne van verstand! Dit is ver van God dat Hy goddeloosheid sou doen; en van die Almagtige, dat hy ongeregtigheid sou doen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Luister na my, julle wat verstand het! Almal weet dat God nie sondig nie. Die Almagtige doen niks verkeerd nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom, manne van verstand, luister na my: Ver is God van goddeloosheid en die Almagtige van onreg! |
| Afrikaans 1983 | Maar luister na my, julle wat alles verstaan! God doen nie verkeerd nie, die Almagtige begaan nie 'n onreg nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Daarom, verstandige manne, luister na my: God sal nooit ooit goddeloos optree nie, of die Almagtige ooit onreg pleeg nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle slim mense, julle moet luister na my. God doen nie verkeerd nie, die Almagtige doen niks wat sleg is nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Elihu het verder gegaan en gesê: “Almal van julle wat verstandig is, luister na my. Julle weet, God doen nooit slegte en verkeerde dinge nie. |