Job 33:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek is rein sonder oortreding, ek is onskuldig; en daar is geen ongeregtigheid in my nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jy sê: ‘Ek is rein, sonder sonde, ek is onskuldig, ek het nie gesondig nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Rein is ek, sonder oortreding; suiwer is ek, en daar is geen skuld by my nie. |
| Afrikaans 1983 | ‘Ek is onskuldig, ek het nie oortree nie, ek is rein, ek het nie gesondig nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | ‘Ek is rein, sonder 'n oortreding; ek is skoon; sondeskuld het ek nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy het gesê: ‘Ek is onskuldig, ek het niks verkeerd gedoen nie, my hande is skoon, ek het nie sonde gedoen nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy het gesê: ‘Ek voel nie skuldig nie, want ek het nie oortree nie. Ek is onskuldig, ek het niks verkeerds gedoen nie. |