Job 33:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy kyk na die mense, en as iemand sê: Ek het gesondig en verdraai wat reg was, en dit het my niks gebaat nie; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy sal vir sy vriende sê: ‘Ek het gesondig en verkeerd gedoen, maar God het my nie gestraf soos wat ek verdien het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy sing voor die mense en sê: Ek het gesondig en verdraai wat reg is, maar dit is my nie na verdienste vergeld nie. |
| Afrikaans 1983 | Dan getuig hy voor die mense: ‘Ek het gesondig, my nie gesteur aan wat reg is nie, en tog het God my nie gestraf soos ek verdien nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So iemand kyk na mense en sê: ‘Ek het gesondig en die reg verdraai, maar daar is nie met my afgereken nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan sal hy vir mense sê: ‘Ek het sonde gedoen, ek het nie gedoen wat reg is nie, en God het my nie gestraf nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy sal vir die mense vertel: ‘Ek het verkeerde dinge gedoen. Ek het my nie gesteur aan wat reg is nie, maar dit het my niks in die sak gebring nie. Dit was nie die moeite werd om so te leef nie. |