Job 33:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy bewaar sy siel uit die kuil en sy lewe om deur die swaard te vergaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy red hulle van die graf, van die diep rivier van die dood. |
| Afrikaans 1933/1953 | sodat Hy sy siel kan red uit die kuil; en sy lewe, dat dit nie omkom deur die spies nie. |
| Afrikaans 1983 | God wil die mens nie die graf laat ingaan nie, Hy wil hom nie laat sterf nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | om hom weg te hou van die grafkuil, sy lewe daarvan te weerhou om die rivier oor te steek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God wil keer sodat 'n mens nie sterf nie, Hy wil die mens red van die graf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | So probeer Hy keer dat mense doodgaan en in die graf eindig. |