Job 32:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe antwoord Elíhu, die seun van Baragel, die Busiet, en sê: Ek is jonk, en julle is baie oud; daarom was ek bevrees en het my mening nie durf verkondig nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Elihu seun van Barakel die Bussiet het gesê: “Ek is nog jonk, en julle is al oud. Daarom was ek bang. Ek wou nie waag om vir julle te sê wat ek dink nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En El¡hu, die seun van Bar geël, die Busiet, het begin en gesê: Ek is jonk, en u is hoogbejaard; daarom was ek beskroomd en het gevrees om my kennis aan u mee te deel. |
| Afrikaans 1983 | Elihu seun van Barakel die Bussiet het begin praat: “Ek is jonk, en julle is grysaards. Daarom was ek huiwerig, ek was bang om vir julle te sê wat ek weet. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Elihu, seun van Barakel, uit Bus, het toe gereageer en gesê: “Ek is jonk, en julle is oud; daarom was ek beskroomd en bang om my kennis met julle te deel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Elihu seun van Barakel, van die nageslag van Bus, het begin praat en hy het gesê: “Ek is jonk, en julle is oud, daarom het ek gewag, ek was bang om vir julle te sê wat ek weet. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Elihu het gesê: “Ek is jonk in vergelyking met julle; daarom was ek versigtig om sommer vir julle te vertel wat ek dink. |