Job 32:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ook teen sy drie vriende het sy toorn ontvlam, omdat hulle geen antwoord gevind het nie en Job tog veroordeel het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar hy was ook kwaad vir Job se drie vriende omdat hulle Job nie kon antwoord nie en aantoon dat hy skuldig was nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Sy toorn het ook ontvlam teen sy drie vriende, omdat hulle geen antwoord gevind het nie en Job veroordeel het. |
| Afrikaans 1983 | Elihu was ook kwaad vir die drie vriende van Job omdat hulle Job nie reg geantwoord het nie en nie aangetoon het dat hy skuldig is nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Elihu was kwaad vir sy drie vriende omdat hulle nie antwoorde kon vind nie, maar Job tog skuldig verklaar het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Elihu was ook kwaad vir Job se drie vriende omdat hulle nie geweet het wat om vir Job te antwoord nie. Hulle het net gesê dat Job verkeerd gedoen het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy was ook kwaad vir Job se vriende omdat hulle Job nie kon oortuig het dat hy verkeerd is nie. Deur hom nie te oortuig nie, het hulle dit laat lyk of God verkeerd gedoen het en nie Job nie. |