Job 32:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe is die toorn ontvlam van Elíhu, die seun van Baragel, die Busiet, uit die geslag van Ram; teen Job het sy toorn ontvlam, omdat hy homself geregverdig het eerder as God.
Afrikaans (NLV) 2011 Barakel se seun Elihu, ’n Bussiet uit die familie van Ram, het hom vir Job vererg. Hy was woedend omdat Job geweier het om te erken dat hy enige sonde gedoen het en dat God reg opgetree het om hom te straf.
Afrikaans 1933/1953 En die toorn van El¡hu, die seun van Bar geël, die Busiet, uit die geslag van Ram, het ontvlam; teen Job het sy toorn ontvlam, omdat hy homself regverdig beskou het voor God.
Afrikaans 1983 het Elihu seun van Barakel, 'n Bussiet uit die familie van Ram, kwaad geword vir Job. Elihu het kwaad geword omdat Job volgehou het dat hy reg het, nie God nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar Elihu, seun van Barakel, uit Bus, uit die grootfamilie van Ram, het kwaad geword. Hy was kwaad vir Job omdat hy homself verontskuldig het teenoor God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar toe het Elihu kwaad geword vir Job. Elihu was die seun van Barakel. Barakel was van die Ram-familie, van die nageslag van Bus. Elihu het kwaad geword omdat Job gesê het hý is reg en God is verkeerd.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Man met die naam Elihu het met Job en sy vriende begin praat. Elihu was die seun van Barakel. Hulle het van Bus af gekom en was deel van die Ramfamilie. Elihu het baie kwaad vir Job geword omdat hy bly sê het dat hy onskuldig is en dat God verkeerd is om hom te straf.