Job 32:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe ek gewag het (want hulle het nie gepraat nie, maar het stilgestaan en nie meer geantwoord nie;) |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moet ek aanhou wag, noudat julle stil geword het? Moet ek ook stilbly omdat julle niks het om te sê nie? |
| Afrikaans 1933/1953 | Sal ek dan wag, omdat hulle nie spreek nie, omdat hulle daar staan sonder antwoord? |
| Afrikaans 1983 | as hulle nie praat nie, as hulle daar staan en verder niks sê nie, moet ek nog langer stilbly? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sou ek dan wag as hulle nie praat nie, as hulle maar net daar staan, nie meer antwoord nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar ek sal nie langer wag nie, want hulle sê niks, hulle staan net daar, hulle praat nie meer met jou nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moet ek nou ook stilbly omdat julle niks meer te sê het nie? |