Job 32:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat julle nie sê: Ons het wysheid gevind nie: God stoot hom neer, nie 'n mens nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moenie sê: ‘Ons het wysheid gevind. Net God kan hom oortuig, nie ’n mens nie.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Sê maar net nie: Ons het wysheid aangetref, God alleen kan hom verslaan, geen mens nie. |
| Afrikaans 1983 | Moet nou net nie sê: ‘Ons het die wysheid gevind; God, nie 'n mens nie, sal met Job afreken’ nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle moet nou net nie sê, ‘Ons het wysheid teëgekom. Net God kan van hom ontslae raak, nie 'n mens nie.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Oppas, julle moenie sê: ‘Ons het wysheid gekry’ nie. 'n Méns kan nie vir Job antwoord nie, net God kan dit doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moet nou net nie met die argument by my kom dat die regte ding sal wees dat God hom moet oortuig nie. |