Job 32:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ja, ek het na julle aandag gegee, en kyk, daar was niemand van julle wat Job oortuig het, of wat sy woorde geantwoord het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het met aandag geluister, maar nie een van julle kon Job se argumente weerlê of hom antwoord nie.
Afrikaans 1933/1953 En ek het op u ag gegee; maar kyk: daar was niemand wat Job weerlê het nie, niemand van u wat sy woorde beantwoord het nie.
Afrikaans 1983 My aandag was op julle toegespits, maar nie een van julle het vir Job behoorlik berispe of sy argumente weerlê nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) My aandag was net by julle. Maar kyk, niemand kon Job teregwys nie, niemand onder julle kon op sy woorde antwoord nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het goed geluister na wat julle sê, maar niemand kon wys dat Job verkeerd is nie, nie een van julle kon hom reg antwoord nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het mooi geluister, maar nie een van julle kon Job oortuig nie. Julle het ook nie antwoorde gehad vir al sy argumente nie.