Job 32:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk, ek het gewag op u woorde; Ek het gehoor gegee aan julle redes, terwyl julle gesoek het wat om te sê.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het lank gewag. Ek het versigtig na julle argumente geluister. Ek het gehoor hoe julle na woorde soek.
Afrikaans 1933/1953 Kyk, ek het gewag op u woorde; ek wou luister na verstandige taal van u, totdat u die regte woorde uitgevind het.
Afrikaans 1983 Ek het julle laat praat, ek het geluister na julle argumente om te kyk of julle by die regte antwoord uitkom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Kyk, ek het op julle woorde gewag; ek het geluister na julle insig, terwyl julle na woorde soek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Onthou, ek het gesê ek het gewag totdat julle eerste gepraat het, ek het geluister na die slim dinge wat julle gesê het terwyl julle gesoek het na die regte woorde.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ek het gewag dat julle julle sê moet sê. Ek het met aandag geluister na al die argumente wat julle gebruik het en julle gesoek na woorde.