Job 31:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As my stap van die pad afgewyk het en my hart agter my oë aan geloop het, en as daar 'n klad aan my hande gekleef het;
Afrikaans (NLV) 2011 Het ek van die regte pad afgedwaal? Of het ek iets begeer wat ek gesien het? Is ek skuldig aan enige ander sonde?
Afrikaans 1933/1953 As my gang afgewyk het van die weg en my hart agter my oë aangegaan het en aan my hande 'n vlek gekleef het --
Afrikaans 1983 As ek die spoor byster geraak het, my deur my begeerte laat lei het en my hande besoedel het,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As my voetstappe sou afwyk van die pad, as my hart my oë gevolg het, en daar aan my handpalms 'n smet gekleef het,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het nie weggedraai van die regte pad nie, ek het nie iets gevat wat ek graag wou hê nie, my hande is skoon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Partykeer raak mense die pad byster. Ander mense wil weer alles hê wat hulle sien. Nog ander doen goed wat nie reg is nie.