Job 31:35 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ag, die een sal my hoor! kyk, my begeerte is dat die Almagtige my sal antwoord, en dat my teëstander 'n boek geskryf het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “As daar maar net iemand was wat na my wou luister en my kant van die saak wou sien! Kyk, ek teken my naam as my verdediging. Laat die Almagtige my wys dat ek verkeerd is. Laat my Aanklaer die klag teen my uitskryf! |
| Afrikaans 1933/1953 | Ag, as iemand my maar wou aanhoor! Kyk hier my handtekening laat die Almagtige my antwoord! en die skrif wat my teëparty geskrywe het! |
| Afrikaans 1983 | Is daar dan niemand wat na my luister nie! My saak het ek gestel: nou moet die Almagtige my antwoord. “As iemand wat 'n klag teen my het, dit op skrif sou stel, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ As daar maar iemand was wat na my luister! Hier is my teken. Die Almagtige moet my antwoord! As daar maar 'n klagskrif was wat my teenstander geskryf het, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek wens dat iemand na my wou luister! Ek teken my naam, ek sê dat ek die waarheid gepraat het. Die Almagtige moet my nou antwoord. Die persoon wat my wil beskuldig, moet skryf wat ek gedoen het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ag, ek wens ek het iemand gehad wat net na my kant van die saak wou luister! Ek sal my handtekening gee om te bevestig dat ek die waarheid praat. Die Here moet my nou maar antwoord en sy klag teen my laat neerskryf. |