Job 31:34 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Was ek bang vir 'n groot menigte, of het die veragting van families my verskrik, dat ek stilgebly het en nie by die deur uitgegaan het nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Het ek stilgebly daaroor en nie buitentoe gegaan nie omdat ek bang was dat mense op my sou neersien en my verag?
Afrikaans 1933/1953 omdat ek bang was vir die groot menigte en die veragting van die geslagte my laat skrik het, sodat ek my stil gehou, die deur nie uitgegaan het nie!
Afrikaans 1983 omdat ek vir die mense bang was en die minagting van die familie gevrees het? Het ek stilgebly en dit nie buite gewaag nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) omdat ek bang was vir 'n groot menigte, en die minagting van familiegroepe my afgeskrik het, dan sou ek swyg, sou ek nie by die deur uitgaan nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek was nie bang vir wat mense sal sê nie, ek het nie geskrik omdat ander families miskien kon dink dat ek nie belangrik is nie. Ek het nie stilgebly en in die huis gebly nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek was nie bang vir die massas mense of die minagting van my familie nie. Dit het ook nie gemaak dat ek stilgebly het oor wat ek gedoen het nie of dat ek bang was om uit my huis uit te gaan nie.