Job 31:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As sy lendene my nie geseën het nie, en as hy nie warm gemaak is met die vlies van my skape nie; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | het hulle my geprys omdat ek vir hulle wolklere gegee het om hulle warm te hou. |
| Afrikaans 1933/1953 | as sy lendene my nie geseënen hy hom nie warm gemaak het van die skeersel van my lammers nie; |
| Afrikaans 1983 | Het hulle my nie juis geprys omdat my skape se wol hulle warm gehou het nie? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | as sy lyf nie dankbaar sou wees teenoor my, hy hom nie met die skeersel van my jongskaap sou warm maak nie, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | dan het ek vir hom klere gegee van my eie skape se wol, en hy het vir my dankie gesê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ja, hulle kon nie uitgepraat raak omdat ek vir hulle wolklere gegee het nie. |