Job 30:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Weens gebrek en hongersnood was hulle eensaam; vlug na die woestyn in vroeëre tye woes en puin.
Afrikaans (NLV) 2011 Uitgeteer van honger dwaal hulle verlate in die woestyn en die wildernis.
Afrikaans 1933/1953 Hulle is uitgeput deur gebrek en honger, hulle wat die dor land afknaag in die donkerheid van woestheid en verwoesting;
Afrikaans 1983 hulle is uitgeteer deur gebrek en honger, hulle kou snags aan droë stokke in die dorre woestyn;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Deur gebrek en honger weggeteer, is hulle mense wat die dor land, die wildernis en woesteny die vorige nag nog kaalgestroop het,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daardie mense is so maer en honger dat hulle alles eet wat hulle kan kry in die droë, wilde woestyn.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle is maer en uitgeteer van die honger. Hulle het in die nagte in afgeleë en verlate plekke aan droë wortels gekou om aan die lewe te bly.