Job 30:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek het rou gegaan sonder die son; ek het opgestaan en in die vergadering geroep.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek leef in somberheid waar die son nie meer vir my skyn nie. Ek staan op die plein en roep om hulp.
Afrikaans 1933/1953 Ek gaan daarheen in die rou, sonder son; ek staan op in die vergadering, ek roep om hulp.
Afrikaans 1983 Ek het swart geword, maar nie van sonbrand nie. So staan ek hier tussen julle en roep om hulp.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Met 'n donker gelaat loop ek rond, maar nie as gevolg van hitte nie; ek staan in die byeenkoms op en roep aanhoudend om hulp.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek lewe elke dag in die donker, die son skyn nie op my nie. Ek staan in die volksvergadering en ek vra dat iemand my moet help.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) My lewe is donker, dit is nie sonskyn nie. Ek staan oop en bloot voor mense en roep uit dat iemand my tog moet help.