Job 30:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe ek die goeie verwag het, het die kwaad oor my gekom; en toe ek op die lig gewag het, het daar duisternis gekom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom het ek medelye verwag. Maar in plaas van goed, het kwaad my getref. Ek het gewag vir die lig, maar dit het donker gebly. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want ek het op die goeie gehoop, en onheil het gekom; en ek het gewag op lig, en donkerheid het gekom. |
| Afrikaans 1983 | Ek het toe die goeie verwag, maar rampe het my getref, ek het uitgesien na lig, maar donker het my oorval. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, op die goeie het ek gehoop, maar die slegte het gekom; op lig het ek gewag, maar donker het gekom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het toe gedink dat dit goed sal gaan met my, maar dit het sleg gegaan, ek het gedink dat die lig sal skyn oor my, maar die donker het gekom.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom het ek gedink dat dit met my goed sal gaan, maar slegte dinge het met my gebeur. Ek het lig verwag, maar donkerte het op my neergesak. |