Job 30:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Deur die groot krag van my siekte is my kleed verander: dit bind my om soos die kraag van my mantel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | God het my met geweld aan my klere gegryp. Hy gryp my aan my jas se kraag. |
| Afrikaans 1933/1953 | Deur goddelike oormag is my kleed ontredder; soos die kraag van my lyfrok omspan dit my. |
| Afrikaans 1983 | Deur die groot geweld van God hang my klere vormloos aan my, word ek gewurg soos deur 'n boordjie om my nek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Met geweldige krag gryp Hy my bokleed; soos die opening in my kleed wurg Hy my. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God gryp my klere met sy groot krag, Hy gryp my aan die kraag van my rok |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Met sy groot krag het God my aan my klere gegryp. Dit het gevoel of my kraag my wil verwurg. |