Job 30:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verskrikkinge het op my gekeer: hulle vervolg my siel soos die wind, en my welstand gaan verby soos 'n wolk.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek lewe in angs en het geen selfrespek oor nie. My hoop dat ek gered kan word, het soos mis voor die son verdwyn.
Afrikaans 1933/1953 Verskrikkinge is teen my gerig; hulle vervolg my hoogheid soos die wind, en soos 'n wolk het my geluk verbygegaan.
Afrikaans 1983 en ek word deur angs oorval; my aansien het soos wind weggewaai, my hoop op uitkoms het soos 'n wolk verdwyn.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Verskrikkinge word op my losgelaat; asof deur 'n windvlaag word my waardigheid verdryf, soos 'n wolk gaan my redding verby.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek is 'n bang mens, niemand respekteer my nie, ek kan nie meer hoop dat dit beter sal gaan nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek leef in vrees en bewing. Ek het geen waardigheid meer oor nie, dit het soos wind verdwyn. Dit het op alle gebiede met my baie goed gegaan, maar dit het verdwyn soos ’n wolk wat verbygaan.