Job 30:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Aan my regterhand staan die jeug op; hulle stoot my voete weg en rig die weë van hulle verderf teen my op.
Afrikaans (NLV) 2011 Die spul val my aan. Hulle loop my voete onder my uit. Hulle lê strikke in my pad.
Afrikaans 1933/1953 Aan die regterhand staan die gespuis op; hulle stoot my voete weg en gooi hul onheilspaaie teen my op.
Afrikaans 1983 Die gespuis val my goedsmoeds aan, hulle stamp my onderstebo, hulle bewerk my ondergang,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Aan my regterkant maak die jong gespuis gereed; hulle dwing my in 'n rigting, hulle vul hulle beleëringswalle teen my op.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mense val my aan en hulle jaag my, hulle wil my doodmaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierdie gemene spul mense val my sommer openlik aan. Hulle stamp my dat ek daar trek. Hulle bring allerhande goed teen my in om my te vernietig.