Job 30:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar nou, die wat jonger is as ek, bespot my, wie se vaders ek sou verag het om by die honde van my kudde te sit.
Afrikaans (NLV) 2011 “Maar nou word ek bespot deur jong manne wie se pa’s te sleg was om saam met honde my skape op te pas.
Afrikaans 1933/1953 En nou lag hulle wat jonger is as ek, my uit -- mense wie se vaders ek te min geag het om by my herdershonde te sit.
Afrikaans 1983 “Maar nou lag hulle vir my, mense wat jonger is as ek, mense wie se vaders ek nie werd geag het om saam met die honde my kleinvee op te pas nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar nou lag hulle my uit, hulle wat in lewensdae jonger is as ek, hulle wie se pa's ek te onwaardig geag het om hulle by die honde van my kleinvee toe te laat.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Job het gesê: “Maar nou? Mense lag vir my, mense wat jonger is as ek, mense wie se pa’s ek nie laat sit het by die honde wat my skape opgepas het nie,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Job het verder gepraat en gesê: “Maar nou word ek gespot deur mense wat jonger is as ek. Wie is hulle nou eintlik om dit te doen? Hulle pa’s is nie eens werd om saam met my skaaphonde die skape op te pas nie.