Job 3:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wat daardie nag betref, laat die duisternis hom oorval; laat dit nie saamhang met die dae van die jaar nie, laat dit nie in die getal van die maande kom nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Mag diep duisternis daardie nag wegneem. Mag dit nooit getel word as ’n dag in die jaar nie. Mag dit nie tussen die maande verskyn nie.
Afrikaans 1933/1953 Daardie nag -- mag donkerheid hom wegruk, mag hy nie bly wees onder die dae van die jaar, in die getal van die maande nie kom nie.
Afrikaans 1983 Die donkerte moes daardie nag ingesluk het, dit moes nooit ingereken gewees het by die dae van die jaar nie, dit moes nooit bygevoeg gewees het by die berekening van die maande nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daardie nag – mag 'n diepe duisternis dit in besit neem; mag dit nie verskyn onder die dae van 'n jaar nie, nie in die getal van die maande voorkom nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daardie nag moes donker gebly het, dit moes nie een van die dae van die jaar geword het nie, dit moes nie een van die dae in 'n maand geword het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die nag wat my lewe begin het, moet so verdwyn asof daar nooit eers so ’n nag bestaan het nie. Dit moet wees asof daar nooit so ’n dag in ’n spesifieke jaar of maand was nie. Die dag moet nie eers getel word nie.