Job 3:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat daardie dag duisternis wees; laat God dit nie van bo sien nie, en laat die lig nie daarop skyn nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As daardie dag tog donker gebly het en God daarbo dit nie raakgesien het nie, en geen lig daardie dag geskyn het nie! |
| Afrikaans 1933/1953 | Mag die dag duisternis wees; mag God nie na hom vra daarbo nie en geen ligglans oor hom skyn nie. |
| Afrikaans 1983 | Daardie dag moes net donkerte gewees het; God daarbo moes dit nie eens raakgesien het nie; geen lig moes dié dag deurgebreek het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daardie dag – mag dit donker wees; mag God daar bo nie daarna vra nie, mag 'n ligglans nie daaroor skyn nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek wens daardie dag het donker gebly, God daarbo moes nie daardie dag vir my gegee het nie, daar moes nie lig geskyn het op daardie dag nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die dag wat my lewe begin het, is ’n swart dag. God moet Hom nie eens aan dié dag steur nie. Nie eers ’n skrefie lig moet maak dat mense weet van so ’n dag nie. |