Job 3:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Omdat dit die deure van my moeder se skoot nie toegesluit het nie en droefheid nie vir my oë verberg het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Want dit het nie verhoed dat ek gebore word nie, het nie smart vir my weggesteek nie.
Afrikaans 1933/1953 Omdat hy vir my nie toegesluit het die deure van die moederskoot nie en moeite vir my oë nie verberg het nie.
Afrikaans 1983 want hy het nie gekeer dat ek gebore word nie, my hierdie smart nie gespaar nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) omdat dit die deure van my moeder se skoot nie gesluit het nie, nie teenspoed vir my oë verberg het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hoekom? Want die nag het nie gekeer dat ek gebore word en begin het om swaar te kry nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is ’n groot jammerte dat ek daardie nag gebore is. Nou sit ek met hierdie groot ellende in my lewe.”