Job 29:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek het hulle weg gekies en owerste gesit en as koning in die leër gewoon, soos een wat die treurendes vertroos.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek was soos hulle leier wat hulle op die regte pad lei. Ek was soos ’n koning tussen sy manskappe, en soos iemand wat die treurendes vertroos.”
Afrikaans 1933/1953 Het ek die weg na hulle toe gekies, dan sit ek as voorman en woon soos 'n koning onder die skare, soos een wat treuriges vertroos.
Afrikaans 1983 Ek het hulle die koers gewys, ek was hulle leier, ek was tussen hulle soos 'n koning tussen sy soldate, soos een wat treurendes troos.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het namens hulle die pad gekies en as leier my plek ingeneem; ek was tuis onder hulle soos 'n koning by sy troepe, soos iemand wat treurendes vertroos.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek was hulle leier en hulle hoof, ek was soos 'n koning by sy leër, soos iemand wat mense bemoedig, mense wat huil en treur.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het vir hulle besluit wat hulle moet doen, want ek was vir hulle ’n leier. Ek was soos ’n koning tussen sy manskappe. Ek het hulle getroos wanneer hulle moedeloos was.”