Job 29:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As Ek vir hulle gelag het, het hulle dit nie geglo nie; en die lig van my aangesig werp hulle nie neer nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wanneer hulle moedeloos was, het ek hulle met ’n glimlag bemoedig. Wanneer ek met goedkeuring na hulle kyk, was dit vir hulle kosbaar. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek het hulle toegelag as hulle moedeloos was, en hulle kon die lig van my gesig nie verdonker nie. |
| Afrikaans 1983 | Ek was vriendelik met hulle toe hulle geen hoop meer gehad het nie, my goedgesindheid het verhoed dat hulle ondergaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het vir hulle geglimlag wanneer hulle dit skaars kon glo; my stralende gesig kon hulle nie stroef maak nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek was vriendelik met hulle toe hulle gedink het ek sal nie vriendelik wees nie. My vrolike gesig het hulle bemoedig. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het weer nuwe moed gekry as ek vir hulle glimlag. My vriendelike gesigsuitdrukking was vir hulle baie werd. |