Job 29:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die seën van hom wat gereed was om te vergaan, het oor my gekom, en ek het die hart van die weduwee laat jubel.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het mense gehelp wat alle hoop verloor het, en hulle het my geseën. Ek het ’n lied gebring in die harte van weduwees.
Afrikaans 1933/1953 Die seën van hom wat klaar was om onder te gaan, het op my gekom; en die hart van die weduwee het ek laat jubel.
Afrikaans 1983 Die man wat met ondergang bedreig was, het my vir sy redding gedank, en ek het die hart van die weduwee bly gemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die seënspreuk van 'n sukkelaar het ek ontvang; die harte van weduwees het ek laat jubel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mense wat naby die dood was, het my geseën, en weduwees was bly oor wat ek vir hulle gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het mense gehelp wat al die hoop opgegee het om te lewe, en hulle het net mooi dinge oor my lewe te sê gehad. Ek het dit reggekry om weduwees weer te laat sing omdat hulle bly is.