Job 29:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Omdat Ek die arme wat geroep het, en die wees en die wat nie gehad het om hom te help, gered het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Want ek het die armes gehelp in hulle nood, en die weeskind wat niemand gehad het om hom te help nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want ek het die ellendige gered wat om hulp geroep het, en die wees en hom wat geen helper het nie. |
| Afrikaans 1983 | omdat ek die armes gered het wat om hulp roep, die weeskind en dié wat geen helper het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want ek het magteloses wat om hulp geroep het, bevry, ook vaderlose kinders wat nie 'n helper het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit was omdat ek mense gered het wat hulleself nie kon help nie, mense wat gevra het dat ek hulle moet help. En ek het ook weeskinders gehelp wat niemand gehad het om hulle te help nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Want ek het die armes gehelp wat gekla het. Ek het ook die weeskinders gehelp wat niemand gehad het om vir hulle te sorg nie. |