Job 28:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die vloed breek uit die inwoner; selfs die waters wat van die voet vergeet is: hulle het opgedroog, van die mense weggegaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle sink ’n mynskag diep in die aarde, ver van waar mense woon. Dan swaai hulle heen en weer aan toue. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy breek 'n mynskag, w,g van hom wat bo woon; hulle wat vergeet is deur die voet daarbo, hulle hang ver van mense af, hulle swaai heen en weer. |
| Afrikaans 1983 | Hy grawe 'n skag waar niemand woon nie, op plekke waar niemand kom nie, ver van mense af hang hy en swaai hy. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ver van waar iemand woon, sink hulle 'n skag. Vergete deur voetgangers hang hulle daar; weg van sterflinge swaai hulle heen en weer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle grawe slote ver weg van waar mense woon, mense wat verbykom, weet nie van hulle nie, en waar hulle aan toue hang en swaai, is daar nie ander mense nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle sink skagte in die grond op plekke wat nie naby gebiede is waar mense bly nie. Hulle sak dan met toue af en swaai heen en weer, ver van die mense af. |