Job 28:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy maak 'n einde aan die duisternis en ondersoek alle volmaaktheid: die klippe van die duisternis en die skaduwee van die dood. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle weet hoe om lig te maak in die donker en verken die verste, donkerste dele van die aarde op soek na erts. |
| Afrikaans 1933/1953 | 'n Einde maak die mens aan die duisternis, en tot die uiterste grens deursoek hy die klip van donkerheid en doodskaduwee. |
| Afrikaans 1983 | Die mens maak 'n einde aan die donker, hy soek erts in die diepste plekke, in die donkerste hoeke. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die mens maak 'n einde aan die donker; tot die verste uithoeke bly hy soek na gesteentes in die donker, in stikdonkerte. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle maak lig waar dit donker is, hulle soek klippe oral waar hulle kan, hulle soek tot in die donkerste diep plekke. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is baie donker onder die grond, maar mense weet hoe om lig daar te bring en die donker weg te jaag. Die lig maak dit moontlik om die verste donker dele van die aarde deur te soek om erts in die hande te kry. |