Job 28:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het hy dit gesien en dit verkondig; hy het dit berei, ja, en dit deursoek.
Afrikaans (NLV) 2011 Nadat Hy dit alles gedoen het, het Hy wysheid gesien en dit afgemeet. Hy het dit gevestig en deeglik getoets.
Afrikaans 1933/1953 toe het Hy die wysheid gesien en dit verkondig; Hy het dit opgestel en dit ook deurvors.
Afrikaans 1983 toe het Hy die wysheid gesien en daarvan vertel, toe het Hy dit vasgestel en deurvors.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) toe het Hy ook die wysheid gesien, en daarvan vertel; Hy het daaraan 'n vaste plek gegee, en dit ook deurgrond.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) toe het Hy die wysheid gesien en Hy het daaroor gepraat, Hy het gesê hoe dit moet wees, en Hy het nog meer gedoen, Hy het die wysheid ook getoets.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Hy dit alles klaar gedoen het, het Hy wysheid raakgesien en gekyk wat sy werd is. Hy het wysheid deeglik ondersoek en haar toe goedgekeur.